CALL US NOW - Pretoria 082 559 8500 - Johannesburg 072 608 3685
Testimonials and Gallery
Hi Jeanette. Baie dankie vir alles. Jy, Jossie en Baatsie was regtig ‘n groot hulp en het dinge soveel makliker vir ons gemaak. Ek en my sus waardeer dit opreg.
~ Zanie Marais (M Adriaanse) - Bougainvillea Aftree Oord
Dankie aan Jen's Care vir hulle deeglike en professionele diens. Maria en Comfort, ons ouers se twee versorgers, het my ma en pa met liefde en sorg hanteer en ek sal hulle as versorgers hoog aanbeveel.
~ Marieta Steenkamp (Bonus en Ralie Willemse) - Die Wilgers
Hi Jen, Thanks so much for all your help and the excellent service you and Nelly gave us. I will be in contact should we need help in the future again.
~ Erika Basson - Rietvalleirand
Jeanette, ons was baie tevrede met Mita se versorging. Baie dankie vir julle gawe hantering van ons behoeftes. Groete
D Holm - Hartbeespoortdam
Thank you Jen.
Dealing with you and your team has been an absolute pleasure and we will not hesitate to reach out to you again should we need your help.
~ Dion Retief for Rita Retief - Wierdapark
Baie dankie vir al julle hulp en goeie versorging – ons waardeer dit opreg. Vriendelike groete
Dr Miems Fourie - Bronberg (Sandra Fourie)
Hi Jeanette, thank you again for the services provided but also the way in which all the behind the scenes activities were handled - I really appreciate it especially at such a difficult time. It helps knowing that mom was in such good hands while I'm sitting in a different province!
Blessings
~ Lisa-Claire Garden - Olympus (Mom)
Hi Jen, Ouma is in die ouetehuis opgeneem, ons wil net vir julle baie dankie se vir julle hulp en wonderlike diens hierdie tyd. Baie groete.
~ Ebeth de Jager - Faerie Glen
Hallo Jeanette. Ons is julle ewig dankbaar vir jul diens. Dit is 'n wonderlike onbaatsugtige en liefdevolle werk. Nie almal kán of wíl dit doen nie, dankie Vader vir mense soos julle. Mag dit met jou en al jou mense net voorspoedig gaan in 2022 en julle van krag tot krag gaan.
~ Annali Kriek -Wierdapark
Hi Jen, Zanele has been an absolute star and I will definitely make use of her in the future should the need arise. Appreciate everything you did.
~ Noelene Cloete - Centurion
Hi Jeanette, Eerstens wil ek baie dankie se vir al die hulp en diens wat ons ontvang het. Ten opsigte van Eva, wil ek graag ‘n pluimpie gee. Sy is die dierbaarste en vriendelikste mens wat ons kon kry om vir Mamma te help. En ek is aan die een kant baie jammer dat ons nie langer kon gebruik maak van haar dienste nie. My ma sê, sy het so baie gehelp en haar ook ‘n paar goedjies geleer met die loop saam met die Walker instrument. Sy is regtig ‘n staatmaker en iemand op wie Jens baie trots kan wees. ‘n Ware steunpilaar en ‘n ware ambassadeur vir jou besigheid.
Tweedens het ons gister gehoor dat Mamma se kamer gereed is en ons kan haar die naweek inneem. As iets so skeefloop, wat ek vertrou nie sal gebeur nie, sal ons beslis weer van julle professionele dienste gebruik maak en sal ook nie huiwer om julle by ander mense aan te beveel nie.
~ Christo Vermooten - Willow Park Manor
Ek wil van die geleentheid gebruik maak om weer dankie te sê vir julle wonderlike diens.
Greychen is ‘n juweel! Ons familie was bevoorreg om binne een jaar twee maal haar dienste te bekom vir twee van ons dierbare oudstes. Dit neem ‘n besondere mens om in vreemdes se huis in te stap en deel te word van die huishouding, dikwels onder moeilike omstandigdhede.
Haar liefdevolle en respekvolle hantering van haar pasiënte maak die moeilike pad soveel draagliker.
Haar ondersteuning aan die geliefdes, wat soms meer veeleisend kan wees as die pasiënte, is prysenswaardig! Ek wens haar en al haar wonderlike kollegas alles wat mooi is toe! Mag hulle werk ryklik geseën word!
~ Hester Swart - vir Mnr Grib, Parktown
Jeanette, Baie dankie vir die broodnodige diens wat julle lewer in hierdie uitdagende tye. Groete
~ Helena Botes - Wierdapark, Centurion
Hi Jeanette, Baie dankie vir die professionele dames wat jy in my Ma se sorg geplaas het. Hulle is altwee baie aangenaam en versorg my Ma baie mooi!!
By voorbaat baie dankie vir jou ondersteuning en begrip!
~ Tilla Bezuidenhout - Doornpoort
Hi Jen. Thanks so much for the excellent service! We may be back soon!
~ Helene Kruger - Montana
Hi Jen
Ek wil net weereens vir jou baie dankie sê vir die lieflike carers wat jy elke keer vir ons beskikbaar gestel het. Hulle was almal regtig TOP gehalte en ou Wilhelmina so lieflik met pappa nou die laaste paar dae.
Baie liefde en dankbaarheid uit die diepte van my hart uit.
~ Debbie Mull - Elardus Park
Good day Jeanette
I would like to say a big thank you to Evelyn for looking after my mom for the last 3 years. We will miss her so much as she became part of our family. She is the most patient, kind and happy Carer anyone could wish for. I wish her all the best for her future and would highly recommend her. Gladys has only been with us for a few months but also has crept into our hearts, she has been very professional and see she has a good knowledge of the work she does. Good luck to both ladies you will be missed.
~ Nadia Wilson - Arcadia, Pretoria
Jen. Langs hierdie weg wil ek en Linda jou bedank vir die uitmuntende diens en rol wat jy vertolk het in die versorging van my skoonpa. Jou pro-aktiewe en professionele optrede en die kwaliteit van jou versorgers is besonder.
Geseende Kersfees en sterkte vir jou vorentoe.
~ Hein Venter - Namibia
Dear Jen, Thank you for your enthusiasm and quality services rendered to the Gerber couple! As a family we are grateful to you and Jen’s Care for your quick response, superb, friendly, and professional services rendered to us. Welhemina, the Home Based Carer, can definitely be recommended to any person who needs Home Based Care in the future! Keep up the good work in assisting families in difficult and trying times!
~ Rohelna Burger - Centurion
Beste Jeanette, Weerens baie dankie vir jou wonderlike dames, diens, ondersteuning en liefde wat ons van jul die laaste jaar ontvang het. Groete.
~ Karen Els - Cornwall Hill
Dear Jen
Just to say how grateful we are for all the love and care given to Ouma by Eva and Christina in her last years – each brought different strengths and ouma embraced them both. Ouma loved life and wanted only the best for everyone.
I am happy that we found your agency and are willing to chat with anyone making an enquiry.
Best regards
~ Beverley Bakker - Die Wilgers
Jen, Ek bedank jou ook in die besonder vir die voortrefliche diens wat jy aan my oorlede pa en die hele Leistner familie gegee het gedurende die laaste sewe maande van my pa se lewe.
Ek was te alle tye baie beindruk met jou professionele en vinnige hantering van alle kwessies en hoe jy heeltyd ten volle op hoogte van alle verwikkelings rakende my pa se gesondheidstoestand was.
Die dames in jou diens is almal puik en het self wonderlike diens gegee. My ma is omtrent agt jaar terug oorlede en het die laaste omtrent twee jaar voltydse verpleging gehad, wat ongelukkig besonder swak met jou dames vergelyk het, wat professionaliteit, vaardighede en vriendelikheid teenoor die pasient aanbetref. Ek was besonder beindruk met al die ongeveer vyf of ses dames wat soms by my huis diens gedoen het, maar amper platgeslaan deur die liefdevolle en deernisvolle behandeling wat my pa van veral Daphne Makhubela ontvang het, waarvoor ek haar altyd sal dankbaar wees.
Ek sal Jen’s Care sonder aarseling ten sterkste aanbeveel indien die geleentheid hom voordoen.
~ Chris Leistner - Gezina
Hi Jeanette
Wil net weer vir jou en jou span vreeslik baie dankie se vir alles wat julle vir my ma en vir ons gedoen het...
Julle het vir ons gemoedsrus gegee om haar in julle veilige sorg te laat, en al die harde werk op julle geneem, dat ons haar laaste tyd net saam met haar kon kuier...
Wardeer alles opreg, julle moet mooi bly en sterkte op julle pad vorentoe met die goeie werk wat julle doen XxX
~ Leonie Maas - Lynnwood
Jen, I want to compliment you! Both carers are wonderful ... they are compassionate and helpful, always professional. I will recommend your services to everyone in Wilgers Estate.
~ C Fiedeldey - Willow Park Manor
Ek is so dankbaar vir die wonderlike diens wat jy lewer en kan met eerlikheid sê dat ek ‘n geruste hart het hier in die verte (Australië).
Nogmaals baie dankie dat jy my ma se belange op die hart dra.
~ Emily Scheepers - Lynnwood (Moeder)
Jeanette, baie dankie wat jy en Jen's Care vir my pa hulle gedoen het. Ons almal waardeer dit opreg.
~ Chris de Klerk - Montana
Hi Jen. Baie dankie. Julle professionele ondersteuning gedurende n baie moeilike tyd word ongelooflik baie waardeer. Baie dankie dat jy weer uit jou pad gaan om ons te akkommodeer. Ek kan nie dankie genoeg se nie.
Baie dankie vir Zoleka se ongelooflike pligsgetrouheid en menslikheid. Ek het lanklaas sulke wonderlike diens beleef.
~ Maryke Cronje - Montana
Jeanette, baie dankie vir jou mooi en sorgsame dienste wat jy aan Ouma verskaf het deur middel van die dames wat haar versorg het by Mooigeleë Aftreeoord. Ons waardeer dit opreg. Sonder julle het ons haar al vroeër verloor. Seënwense van ons familie.
~ Marietjie Hendriks - Faerie Glen
Ek wil vir jou net baie dankie sê vir al jou moeite en persoonlike aandag. Ons is vreeslik dankbaar dat my ma by jou organisasie uitgekom het.
My ma was onmiddelik gerusgestel en gemaklik met die meer persoonlike aandag, gerusstelling en begrip wat sy by jou ontvang het. Baie dankie vir julle begrip en empatie met die hele situasie, die liefde teenoor my pa en ook die ondersteuning wat julle vir my ma gee.
~ A Nienaber - Bronberg Aftree-oord
Hi Jen, baie dankie vir jou goeie diens en aangename werker!
~ Sr Anneke - De Meerpaal Aftree Oord
Jeanette, dankie vir die jare se baie goeie diens wat ons van julle ontvang het. Mag julle van krag tot krag gaan. Dis uiters belangrik wat julle doen. Seën vir die toekoms.
~ Karin Curtis - Dorandia, Pretoria North
Dear Jeanette
Just to register my appreciation for the service I received from Ntsako. She is a star. It went well and I really appreciate the difference your institution has made in my life this past season.
I will always shout whenever I need assistance.
All the best.
~ Tsakani Furumele - Montana
Hello Jeanette, julle doen uitstekende werk en ek sal julle oral aanbeveel waar ek kan. Baie dankie.
~ Sarie van den Heever - Lynnwood
Hi Jeanette
Weereens uit die diepte van my hart baie baie dankie vir die onvergeetlike dienste wat ek (asook my oorlede Moeder (2014) & oorlede Vader (2014-2017) by jou asook jou wonderlike Care workers ontvang het.
Dit was absoluut wonderlike tye gewees om die minste te noem. Julle is voorwaarlik engele wat gestuur word om hulp te verleen.
~ Riana van Vuren - Lyttelton, Centurion
Dear Jen, I can not praise your carers and your services enough. Zenith is an outstanding carer, she used her own initiative and I could carry on with my daily career without stressing about my terminally ill mother. My mother has just passed away, and looking back, I have so much gratitude for the tender loving your carers gave her.
~ Cindy Talbot - Wierdapark - Centurion
Beste Jeanette
Ontvang hiermee ons hartlike dank vir jou puik dienslewering aan my ma tydens 2016 - 2017. Ons sal jou beslis sterk aanbeveel vir iemand wat 'n soortgelyke diens benodig.
~ Rita Hofmeyr - Garsfontein
Hi Jeanette
After a whirlwind week last week I just want to thank you VERY MUCH for your excellent and professional service we really appreciate it. Also, Lerato is an unbelievably wonderful Carer and Person and she was a real comfort to Bruce. We have sent your number to a number of people who are working with Older or sick people. Thank you!
~ Sylvia Roux - Krugersdorp
Dit is vir ons 'n aangename ondervinding om julle versorger te gebruik! Sy is baie hulpvaardig en vriendelik! Sy is bedagsaam en skroom nie om te help waar sy kan nie. Sy is altyd betyds en op haar pos soos dit van haar verwag word. Sy is 'n liefdevolle en nederig mens.
Sy is voorwaar 'n aanwins tot jul diens wat jul lewer.
Weereens baie dankie vir dit wat julle vir ons tot dusver gedoen het en beteken het.
~ Liesl Cousins - Mountain View
Jeanette
Dit is met 'n groot hartseer dat ek u agentskap en sorgwerkers, twee weke kennis moet gee vir Mev. H.A.Steyn se sorg. Daar is nou 'n kamer beskikbaar in die sorgeenheid. Vanaf Julie 2014 tot en met September 2016, het ons uitstekende diens van julle agentskap ontvang en die sorgwerkers oor die tyd was darem wonderlike mense.
Jy was ook altyd so gewillig om uit te help met sorgwerkers op kort kennisgewing en ek waardeer dit geweldig. Dankie vir die vriendelikheid en dat jy altyd beskikbaar was om te help.
~ Vera Delport (Ouma Nettie Steyn) - Lyttelton
I want to thank you so much for all the help over the past year and a half! You have been such an answer to prayer and given us so much peace of mind, and helped us beyond and above what you promised us. We truly cannot thank you enough for the blessing your company has been to us, and if you ever need a recommendation from anyone I would gladly give it!
~ Sheena and Benjy du Toit - Centurion
Dit was ‘n absolute plesier om met julle “besigheid” te doen en as jy ooit ‘n verwysing nodig het, kan jy my gebruik. Ek gaan beslis vir Gladys mis!
~ Mev Fry - Centurion
Jen, ek wil net weereens vir jou dankie se vir al jou hulp en moeite....en ek moet vir Brenda 'n goue ster gee. Sy kyk ongelooflik mooi na oupa....hy het sommer Maandag met haar geraas oor sy nie die naweek daar was nie. Hulle twee gesels heel dag land en sand....ek dink oupa praat meer met haar as wat hy met ons gepraat het die afgelope jaar. Hulle 2 sing heeldag....Nkosi Sikilele....en Jan Pierewiet. Dis te dierbaar. Baie dankie vir sulke wonderlike mense....sonder hulle sou ons dit nie kon maak nie.
~ Carin de Bruin, Lyttelton
Dankie vir julle hulp met die plasing van Glenda by my skoonma. Sy is 'n regtig 'n aanwins! Glenda doen die naam en beskrywing van care giver goed met haar omgee en versorging, en ek sal haar dienste aan almal aanbeveel.
~ Ronel Boshoff - Eldoraigne, Centurion
Ons is so beindruk met Jen's Care se diens en versorger wat sy vir ons gestuur het. My ma het binne 'n week vinnig herstel, tot so 'n mate dat sy kon opstaan uit haar bed en weer self loop. Die versorger het soveel begrip en deernis gehad en was elke dag op haar pos, al was my ma partykeer in 'n slegte bui. Ons kan beslis Jen's Care se dienste aanbeveel!
~ Mev Arendse - Faerie Glen
Jeanette, I just want to thank you and your carers for the excellent service we received. We will definitely recommend your services to others in need. May that the Lord will bless you and your services richly.
~ Debby, Gary and Delene, Rooihuiskraal
Baie dankie Jen's! Die carer was absoluut puik! Tot en met Moeder se laaste asem! Dankie ook vir jou konstante ondersteuning. Sterkte met julle besigheid, julle doen goeie werk!
~ Mnr Diedericks - Wierdapark, Centurion
In my wildest dreams I would not have imagined that we would get such a wonderful carer. Sarah is an angel from heaven! Jeanette's service is professional with empathy. Always willing to accommodate our needs. I can highly recommend Jen's Care!
~ Elsabe Jacobs - Faerie Glen
Hi Jen. Francina is AMAZING! And I cannot recommend her enough. She arrived half an hour early every morning. She cooks beautifully, she tidied the house (and made my bed which I said wasn’t necessary). She is patient and kind with Kea. She is always professional and stayed in contact with me throughout the day. Kea is very fond of Francina, so she is definitely in the right profession! Francina has amazing work ethic and such a good heart. She genuinely cares for Kea and crept into our hearts.
Kea has definitely turned the corner – it has been very sore and she hasn’t always been the happiest camper, but Francina has managed her perfectly!
Thank you so much for all your help! I will definitely recommend to you anyone that I hear is looking for a carer.
~ Mrs J Holmes - Moreleta Park
Wil net dankie se vir Lydia se versorgingsdienste. My ma het haar geselskap en hulp baie waardeer en was nie bang om by die huis te wees nie. My ma het baie van haar gehou en dit was aangenaam om haar by ons te he. Weereens baie dankie vir julle goeie diens!
~ Celeste Truter - Moreleta Park
My dad was discharged from hospital and still a very sick man. I was referred to Jen's Care by a friend and requested two relief carers to take care of my dad 24/7 as I work full time. Within a month my dad had recovered! It was unbelievable how he flourished with the TLC and compassionate care from the two fantastic Jen's carers! I thank you again and again for the wonderful service and will recommend you over and over again.
~ Suzette Roode - Pierre van Ryneveld
Ek dink nie ons sou hierdie agelope paar jaar deur hierdie ding kon kom sonder jou span nie…vanaf Suzan, Greychen, Jostina, Rose en Dolly.
Dit is om hierdie rede dat ons net vir jou, en jou span ‘baie dankie’ wil se vir julle bydra om die wereld van my pa makliker te kon maak in die laaste paar jaar en ook sy laaste klompie dae; ons waardeer dit opreg. Jou span was altyd betyds, winter, somer, reen, en wind op hulle pos en met ywer hulle werk aangepak om my pa te versorg.
Baie dankie… Ons wens vir julle die beste toe en sal jull besigheid se naam sover ons kan ondersteun
~ Johan & Gael Minnie - Wingate Park
Ek kan net weer eens vir Mita en Lerato bedank vir hulle wonderlike diens. Soos soveel keer bevestig, het Pa se gesondheid baie verbeter in die tyd dat hulle na hom gekyk het. Baie dankie vir julle wonderlike bystand, dikwels onder moeilike omstandighede.
~ Pieter en Marianne Ackerman
Ek wil vir jou en al die Carers wat betrokke was bedank vir jul goeie diens. Ek wens so dat dinge anders kon gewees het.
Ek wil spesiaal vir Rebecca noem. Sy het vir ons die tydperk baie makliker gemaak. Indien jy of sy ooit ‘n verwysing nodig het sal ek dit met groot graagte verskaf.
Groete en weereens dankie.
~ Karin Botha, Rietfontein
Hi Jeanette, ek wou net laat weet dat my ma gisteraand oorlede is. Baie dankie vir die versorging wat julle die laaste paar weke aan haar gebied het, dit het 'n groot verskil gemaak.
~ R Fourie, Irene, Centurion
Baie dankie vir die professionele diens wat julle gelewer het gedurende die tydperk om Oupa te ondersteun, asook die familie. Indien Ouma verswak sal ons weer van julle dienste gebruik maak.
~ Leon Pieterse, Centurion
Dankie Jen, ons sal virseker weer van julle gebruik maak, Elsie en Selinah was uitstekend. Dankie vir jou hulp.
~ Crista Coetzee, The Reeds, Centurion